Thursday 14 December 2017

Ons is Ook Nou op Bloglovin'

<a href="https://www.bloglovin.com/blog/19206789/?claim=6nhd6yqa6zz">Follow my blog with Bloglovin</a>

TUIS BES BEERTJIE

Blou Kappie Beertjie

Hierdie Honey teddy bears in love was vir my soooo oulik, ek moes dit net probeer en die endproduk is toe baie naby aan die oorspronklike!
Die kappietruitjie is net so oulik as die beertjie.
Hy kan ewe froom op die bank sit of............
 
.......... lekker in die boom speel!!


LEKKER FEES SEISOEN VIR ALMAL xxxx

Saturday 9 December 2017

My Week in 'n Blompot...

'n Klein Sakkie en Kruie


Hierdie week het ek DIE OULIKSTE SAKKIE gemaak!
Dink julle nie dis te pragtag nie?  Ek is versot op die materiaal.

En dis nie sommer so se sakkie nie.  Hy het 'n buite sakkie en 2 afskortings aan die binnekant!

Lees meer hieroor by www.rchandgemaak.blogspot.com

**❤**

Ek het 'n pakkie saailinge by die kwekery gekoop met 'n verskillende kruieplantjie in elk van die ses bakkies.
Hoe oulik is dit nie??
Dis mos net genoeg kruie vir 'n gewone huishouding se kombuis.
Daar was origanum, basiliekruid, tiemie, pietersielie, grasuie en salie.  Ek dink dit is 'n goeie verskeidenheid.

Ek het hulle toe sommer almal saam in 'n terracotta pot geplant en nou is dit perfek om in jou kombuis se vensterbank te sit.  Dit is 'n ideale geskenkie vir die kok/tuinier in jou lewe hierdie kersfees ;)

My kombuis het op die oomblik ongelukkig nie genoeg son nie, so my kruie bly op die stoep omdat hulle mos van baie son hou ♡

 Ek wil net vir my ma'le dankie sê vir die oulike kruie boek wat hulle laasjaar vir my verjaarsdag vir my geskenk gegee het.  Dit was nou sommer baie handig om al die kruie uit te ken en te leer hoe om dit te gebruik ❤

Julle moet 'n lekker naweek verder hê

Groete
RC
xxx