Tuesday 13 December 2016

Kwilt Wenke


Die oulikste wenk waarop ek sover afgekom het is om maskeerband te gebruik om met jou gewone masjien perfekte reguit lyne te kwilt :)

Gaan kyk op my blog by rchandgemaak.blogspot.com vir 'n volledige tutoriaal en nog wenke.

Geniet die vakansie en lekker naaldwerk doen!!

Groete
RC
xxx 

Tuesday 6 December 2016

Blou Qtex Sakkie

Dis mos nou weer my beurt vir 'n post ;)
Ek is so in my skik met hierdie sakkie met sy gekwilte buitekant, oulike rek houertjies vir jou 4 geliefkoosde qtex kleure en ritssluier sakkie vir al jou ander manikuur benodighede.
 Dis die ideale Kersgeskenkie!! 

Hop oor na my blog by rchandgemaak.blogspot.com vir meer inligting :)

Groete
RC
xxx 

Saturday 3 December 2016

Veeldoellige skouersak met VW Kewer motief

Hier gaan my eerste probeerslag om ietsie op ons blog te sit =)   Begin is 'n moeilike ding hehe
Die idee van die VW motief het ek lank in die kop, moet sé dis lekker om die produk te sien wat so lank in die kop gebroei het!  Die sak is van ou denim broeke gemaak. Daar is 'n VW motief op die buitenste sakkies aan albei kante van die sak. So daar is genoeg wegpakplek vir allerande goedjies, mens kan hom amper vir 'n naweeksak gebruik =)
Dis die anderkant van die sak, is veronderstel om die enginkant te wees hehe.   Moet sé ek hou van die blommetjies op die 'boud'.  Die sak se skouerband is gemaak van 'n denimbroek se lyfband.  Ek het nie daaraan gedink om 'n lekker foto daarvan ook te neem nie,  maar so sal ek nog leer xxx

Nouja dis my storie vir die keer.  



Thursday 1 December 2016

Kers Geskenke

Hier is sommer 'n sneak peak na ons kersgeskenkies vir hierdie jaar.
Die inhoud bly nog 'n geheim ;)

Wat gee jul hierdie jaar?

Groete
RC
xxx 

Thursday 24 November 2016

Felt Visgrate


Ek het 2 van hierdie oulike vissies gemaak vir vriende van ons se katte.  Terwyl ek toe aan die gang is maak ek sommer 'n paar ekstra :)
Ons sal die naweek sien of hulle daarvan hou.
Hop oor na my blog by rchandgemaak.blogspot.com vir meer inligting en om die visse te koop ♥

Groete
RC
xxx 

Tuesday 22 November 2016

Laslappies


 Hierdie is net genoeg om almal nou lekker nuuskierig te maak.
Dis nou 'n regte laslappie projek van al my oorskiet stukkies lap.  Ek dink dis ook my eerste amptelike stukkie laslappiewerk wat ek gekwilt het, bietjie skeef, maar dit bevorder mos net die handgemaakte geoel ;)

Sien uit om vir jul die eindproduk te wys!!

Groete
RC
xxx