Dis omtrent 'n gewik en geweeg om te besluit wat ek eerste sal opsit!! Maar is seker beste om by geskiedenis te begin hehe. Hierdie troukoek het ek al 'n paar jaar gelede gehekel, dit was ook een van daardie patrone wat ek gesien het en dadelik besluit het om dit te begin. Dit is eintlik 'n sloop/oortreksel om jou ekstra borde toe te maak, dan is hul altyd byderhand om te gebruik en mooi skoon
Ek sal graag eendag weer een wil hekel, want met al die 'gesurf' deur die jare, het ek nog patrone gesien wat regtig soos koeke lyk, met gehekelde poppies van 'n bruid en bruidegom en met die mooiste gehekelde blomme en gehekelde kant wat soos versiersuiker lyk. Sjoe mens kry darem talentvolle mense met al die idees en die vermoe om die patrone te kan uitwerk, ek is net dankbaar hul sit dit op die internet dat ek dit ook kan sien hehehe xx
En hier is die nuutste bont affére waarmee ek op die oomblik besig is!
Dit is 'n "circular vest" wat omtrent halfpad gehekel is. Dis maar eintlik 'n groot doily wat mens aantrek soos 'n moulose trui, dit is ook ietsie wat ek al vir baie lank graag wou hekel. Aangesien een van my nuwejaars(probleme)voorneme was om al die wol wat ek reeds het, eers op te gebruik voordat ek enige nuwe wol koop, was hierdie projek idiaal daarvoor. Ek het op die ou end so baie idees gekry wat ek met die wol wat ek het wil maak dat dit dalk nie so lank gaan wees voordat ek vir my nuwe wol kan koop nie!!
Wag ek het nog ietsie ouds wat ek wil wys!
Lekker om te weet die projek word elke dag geniet en vertroetel......... xxxxx =)
Daar is nog heelwat argiefmateriaal wat ek gaan opsit in die toekoms...... Mooi bly!!