Saturday 9 December 2017

My Week in 'n Blompot...

'n Klein Sakkie en Kruie


Hierdie week het ek DIE OULIKSTE SAKKIE gemaak!
Dink julle nie dis te pragtag nie?  Ek is versot op die materiaal.

En dis nie sommer so se sakkie nie.  Hy het 'n buite sakkie en 2 afskortings aan die binnekant!

Lees meer hieroor by www.rchandgemaak.blogspot.com

**❤**

Ek het 'n pakkie saailinge by die kwekery gekoop met 'n verskillende kruieplantjie in elk van die ses bakkies.
Hoe oulik is dit nie??
Dis mos net genoeg kruie vir 'n gewone huishouding se kombuis.
Daar was origanum, basiliekruid, tiemie, pietersielie, grasuie en salie.  Ek dink dit is 'n goeie verskeidenheid.

Ek het hulle toe sommer almal saam in 'n terracotta pot geplant en nou is dit perfek om in jou kombuis se vensterbank te sit.  Dit is 'n ideale geskenkie vir die kok/tuinier in jou lewe hierdie kersfees ;)

My kombuis het op die oomblik ongelukkig nie genoeg son nie, so my kruie bly op die stoep omdat hulle mos van baie son hou ♡

 Ek wil net vir my ma'le dankie sê vir die oulike kruie boek wat hulle laasjaar vir my verjaarsdag vir my geskenk gegee het.  Dit was nou sommer baie handig om al die kruie uit te ken en te leer hoe om dit te gebruik ❤

Julle moet 'n lekker naweek verder hê

Groete
RC
xxx

1 comment:

  1. Die ma hulle is baie bly die boek is handig!! Groen is darem maar mooi in die tuin of in die huis hehe MAL oor die sakkie xxxx

    ReplyDelete