Hier gaan my eerste probeerslag om ietsie op ons blog te sit =) Begin is 'n moeilike ding hehe
Die idee van die VW motief het ek lank in die kop, moet sé dis lekker om die produk te sien wat so lank in die kop gebroei het! Die sak is van ou denim broeke gemaak. Daar is 'n VW motief op die buitenste sakkies aan albei kante van die sak. So daar is genoeg wegpakplek vir allerande goedjies, mens kan hom amper vir 'n naweeksak gebruik =)
Dis die anderkant van die sak, is veronderstel om die enginkant te wees hehe. Moet sé ek hou van die blommetjies op die 'boud'. Die sak se skouerband is gemaak van 'n denimbroek se lyfband. Ek het nie daaraan gedink om 'n lekker foto daarvan ook te neem nie, maar so sal ek nog leer xxx
Nouja dis my storie vir die keer.