Wednesday 8 February 2017

Teemussie met 'n verskil

Hierdie teemus het my asem weggeslaan toe ek dit die eerste keer op Pinterest sien, toe ek op die webwerf gaan kyk is dit Russies!! Gelukkig was daar baie mooi fotos by en mens kan mooi uitwerk wat om te doen.  Die teemusse wat ek op die webwerf gesien het is verskriklik mooi en het baie detail.  Myne lyk maar vaal teen hulle s'n,  maar nogtans is ek baie in my skik met my resultaat.


Die paddastoele was baie lekker om te hekel, mens kan 'n hele feetjiebos maak met die paddastoele.
Die agterkant het nie so baie detail nie,  Die venstertjie was baie makliker om te hekel as wat ek aanvanklik gedink het.

Ek sal graag nog so 'n soort een wil hekel,  maar op die oomblik is my lysie bietjie lank.  Moet eers daardie nat nuwe projek van my klaarmaak, dit het nog sy naelstring aan hehehe   Maar dit moet klaarkom dat ek my volgende projek kan begin  -  dit is spierwit, met 'n lang neus, twee spits ore en 'n langerige stertjie en bly in 'n ronde blou huisie wat lyk soos 'n toring saam met sy familie.............

1 comment:

  1. Ek LOOOVE die foto's!! :)
    Dit lyk of daar ook so iemand in daardie huisie kan bly.....
    Hou ook baie van die nuwe profile pic!!

    ReplyDelete