Thursday 16 February 2017

Natnuwe projek nou kurkdroog!









Die naelstring is nou geknip en hul almal is mooi weggewerk, en ek het al die toppie ingewei!  Gister het daar so 'n heerlike bui reen geval en toe die luggie koel raak het ek hom nader gesleep.  Was sommer baie in my skik, want die gedeelte tussen die blaaie is net mooi waar die koeligheid inkruip en dit het my net warm genoeg gemaak.







My 'model' is ook 'n idee wat ek op die internet gekry het, dis 'n ou geborduurde bloesie wat vir baie lank in die kas gelé en vergeel het, en toe trek ek die bloesie vir die kussing aan en dit het 'n lekker tweeledige doel.  Ek hou daarvan as iets meerdoelig kan wees.


Ons ou hondjie hou ook daarvan















Hierdie 'vest' se patroon is eintlik 'n kombers patroon wat ek op
Sophies Universe se webwerf gekry het
Jarta Jasmine Design
het dit in die "circular vest" omskep

Hierdie lappie is ook 'n ou projek, dit is gebrei met materiaal wat ek in stroke geknip het en manlief het vir my van 10mm 'dowls' breipenne gemaak, want ek het nie sulke dik breipenne gehad nie, hier op die plaas moet jy maar planne maak, mens kan nie sommer ry net om breipenne te koop nie.......

    
Op die oomblik is ek nog besig met die klein ronde wit karaktertjie, so saam met my selfopgelegte projek om vir die kinderhuis goedjies te brei en hekel vir die winter wat voorlé. Ek het darem al 'n serp, mussie en truitjie wat klaar is, die kombersie is nog in wording.

Oos-wes-tuis-bes groete
                        

1 comment:

  1. Ek hou baie van daardie model wat met die vest posseer hehe dit het baie mooi uitgekom :)
    Oubaasie dink dit kan sy matjie wees voor sy bed hehehe hy pose darem te oulik!!
    Mens sou selfs in die stad bietjie gesukkel het om sulke dik penne te kry!!
    Laat weet as mamma brei- of hekelpenne kort, hier is by hierdie winkeltjie om die draai :)
    Lekker hekel
    xx

    ReplyDelete