Oos Wes Tuis Bes
Handwerk, naaldwerk, breiwerk, hekelwerk......
Thursday, 14 December 2017
Ons is Ook Nou op Bloglovin'
<a href="https://www.bloglovin.com/blog/19206789/?claim=6nhd6yqa6zz">Follow my blog with Bloglovin</a>
TUIS BES BEERTJIE
Blou Kappie Beertjie
Hierdie Honey teddy bears in love was vir my soooo oulik, ek moes dit net probeer en die endproduk is toe baie naby aan die oorspronklike!
Die kappietruitjie is net so oulik as die beertjie.
Hy kan ewe froom op die bank sit of............
.......... lekker in die boom speel!!
LEKKER FEES SEISOEN VIR ALMAL xxxx
Saturday, 9 December 2017
My Week in 'n Blompot...
'n Klein Sakkie en Kruie
Hierdie week het ek DIE OULIKSTE SAKKIE gemaak!
Dink julle nie dis te pragtag nie? Ek is versot op die materiaal.
En dis nie sommer so se sakkie nie. Hy het 'n buite sakkie en 2 afskortings aan die binnekant!
Lees meer hieroor by www.rchandgemaak.blogspot.com
**❤**
Ek het 'n pakkie saailinge by die kwekery gekoop met 'n verskillende kruieplantjie in elk van die ses bakkies.
Hoe oulik is dit nie??
Dis mos net genoeg kruie vir 'n gewone huishouding se kombuis.
Daar was origanum, basiliekruid, tiemie, pietersielie, grasuie en salie. Ek dink dit is 'n goeie verskeidenheid.
Ek het hulle toe sommer almal saam in 'n terracotta pot geplant en nou is dit perfek om in jou kombuis se vensterbank te sit. Dit is 'n ideale geskenkie vir die kok/tuinier in jou lewe hierdie kersfees ;)
My kombuis het op die oomblik ongelukkig nie genoeg son nie, so my kruie bly op die stoep omdat hulle mos van baie son hou ♡
Ek wil net vir my ma'le dankie sê vir die oulike kruie boek wat hulle laasjaar vir my verjaarsdag vir my geskenk gegee het. Dit was nou sommer baie handig om al die kruie uit te ken en te leer hoe om dit te gebruik ❤
Julle moet 'n lekker naweek verder hê
Groete
RC
xxx
Saturday, 12 August 2017
Winter Stilboek Blad
Ek moes hierdie blad van my stilboek darem net met julle deel voor die winter verby is!!
Gaan na rchandgemaak.blogspot.com vir meer foto's en inligting!
Lekker Naweek vir Almal ♡
Groete
RC
xxx
Thursday, 16 February 2017
Natnuwe projek nou kurkdroog!
Die naelstring is nou geknip en hul almal is mooi weggewerk, en ek het al die toppie ingewei! Gister het daar so 'n heerlike bui reen geval en toe die luggie koel raak het ek hom nader gesleep. Was sommer baie in my skik, want die gedeelte tussen die blaaie is net mooi waar die koeligheid inkruip en dit het my net warm genoeg gemaak.
My 'model' is ook 'n idee wat ek op die internet gekry het, dis 'n ou geborduurde bloesie wat vir baie lank in die kas gelé en vergeel het, en toe trek ek die bloesie vir die kussing aan en dit het 'n lekker tweeledige doel. Ek hou daarvan as iets meerdoelig kan wees.
Ons ou hondjie hou ook daarvan
Hierdie 'vest' se patroon is eintlik 'n kombers patroon wat ek op
Sophies Universe se webwerf gekry het
Jarta Jasmine Design
het dit in die "circular vest" omskep
Oos-wes-tuis-bes groete
Wednesday, 15 February 2017
Seasons Quiet Book
Uiteindelik kan ek vir julle die stilboek wys waaraan ek nou al so lank werk :)
Ek het dit so geniet om die boek te maak en kan nie wag om met die volgende een te begin nie!!
Gaan na rchandgemaak.blogspot.com vir meer fotos en details
Groete
RC
♡
Wednesday, 8 February 2017
Teemussie met 'n verskil
Hierdie teemus het my asem weggeslaan toe ek dit die eerste keer op Pinterest sien, toe ek op die webwerf gaan kyk is dit Russies!! Gelukkig was daar baie mooi fotos by en mens kan mooi uitwerk wat om te doen. Die teemusse wat ek op die webwerf gesien het is verskriklik mooi en het baie detail. Myne lyk maar vaal teen hulle s'n, maar nogtans is ek baie in my skik met my resultaat.
Die paddastoele was baie lekker om te hekel, mens kan 'n hele feetjiebos maak met die paddastoele.
Die agterkant het nie so baie detail nie, Die venstertjie was baie makliker om te hekel as wat ek aanvanklik gedink het.
Ek sal graag nog so 'n soort een wil hekel, maar op die oomblik is my lysie bietjie lank. Moet eers daardie nat nuwe projek van my klaarmaak, dit het nog sy naelstring aan hehehe Maar dit moet klaarkom dat ek my volgende projek kan begin - dit is spierwit, met 'n lang neus, twee spits ore en 'n langerige stertjie en bly in 'n ronde blou huisie wat lyk soos 'n toring saam met sy familie.............
Die paddastoele was baie lekker om te hekel, mens kan 'n hele feetjiebos maak met die paddastoele.
Die agterkant het nie so baie detail nie, Die venstertjie was baie makliker om te hekel as wat ek aanvanklik gedink het.
Ek sal graag nog so 'n soort een wil hekel, maar op die oomblik is my lysie bietjie lank. Moet eers daardie nat nuwe projek van my klaarmaak, dit het nog sy naelstring aan hehehe Maar dit moet klaarkom dat ek my volgende projek kan begin - dit is spierwit, met 'n lang neus, twee spits ore en 'n langerige stertjie en bly in 'n ronde blou huisie wat lyk soos 'n toring saam met sy familie.............
Subscribe to:
Posts (Atom)