Dis omtrent 'n gewik en geweeg om te besluit wat ek eerste sal opsit!! Maar is seker beste om by geskiedenis te begin hehe. Hierdie troukoek het ek al 'n paar jaar gelede gehekel, dit was ook een van daardie patrone wat ek gesien het en dadelik besluit het om dit te begin. Dit is eintlik 'n sloop/oortreksel om jou ekstra borde toe te maak, dan is hul altyd byderhand om te gebruik en mooi skoon
En hier is die nuutste bont affére waarmee ek op die oomblik besig is!
Dit is 'n "circular vest" wat omtrent halfpad gehekel is. Dis maar eintlik 'n groot doily wat mens aantrek soos 'n moulose trui, dit is ook ietsie wat ek al vir baie lank graag wou hekel. Aangesien een van my nuwejaars(probleme)voorneme was om al die wol wat ek reeds het, eers op te gebruik voordat ek enige nuwe wol koop, was hierdie projek idiaal daarvoor. Ek het op die ou end so baie idees gekry wat ek met die wol wat ek het wil maak dat dit dalk nie so lank gaan wees voordat ek vir my nuwe wol kan koop nie!!
Wag ek het nog ietsie ouds wat ek wil wys!
Lekker om te weet die projek word elke dag geniet en vertroetel......... xxxxx =)
Daar is nog heelwat argiefmateriaal wat ek gaan opsit in die toekoms...... Mooi bly!!
OOOhhh!! Waar om te begin??!! :)
ReplyDeleteEk is so bly mamma het uiteindelik by die blog uitgekom!! And what a comeback!! :D
Ek was nog altyd mal oor daardie gehekelde koek en die ou duifies is vir my te oulik. Dis so lekker funksionele stuk.
Daardie kombers was omtrent 'n meesterstuk, ek sien hom gereeld en hy word beslis deeglik waardeer :) net jammer mamma het nie foto's van al die mooi grannysquares geneem nie.
Ek kan nie wag om die eindproduk van daardie sirkel wessie te sien nie :) dis mooi kleurvol.
Lekker blog!!